Die sukses van die Kerk.

 
Die gemeentes in die Nuwe Testament is vir ons ‘n bron van insig en voorbeelde van hoe die Kerk van Christus daarna moet uitsien en leef. Die Bybel gebruik verskeie beelde om die funksie van die Kerk en ‘n dinamiese gemeente te beskryf. Die Kerk word beskryf as ‘n lewende gebou (1 Petrus 2, Efesiërs 2); bruid vir haar Bruidegom (Efesiërs 5, Openbaring 21); lewende liggaam (Efesiërs 1&4, 1 Korintiërs 12); die permanente stad van God (Hebreërs 13, Openbaring 21); ‘n stabiele familie met God as hoof (Efesiërs 2&3, 1 Timoteus 3) en as ‘n geestelike weermag (Efesiërs 6, Openbaring 21). 

Alles in ag genome, is dit duidelik – die Kerk is ‘n lewende organisme eerder as ‘n organisasie, ‘n lewende gemeenskap eerder as ‘n gebou, ‘n intieme familie eerder as ‘n groep individue. Die grootste kenmerk van die Kerk van Jesus Christus is dat Hy gewone mense – vissermanne, besigheidsmense, belastinggaarders , mediese personeel, boere, politici, opvoeders, kinders ens. – roep om die blye Evangelie te verkondig. Dit oproep van alle Gemeentes is om God se liefde met oop arms te te deel met almal, veral na hulle wat verlore is.

Ek wil jou nooi om vandag en regdeur 2019 saam die gelowiges van alle eeue die Kerk suksesvol te maak – tot eer van God Drie-enig!

Ons tema vir Januarie is KERK. Aangeheg is ‘n powerpoint (wat aansluit by Sondag(13/01) se prediking by Loughton gemeente) en ‘n verwante Bybelstudie stuk. Dit is bedoel vir jou persoonlike- of groep-studie.

Geseënde week, 
Andrè


 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...