Die Sukses van die Kerk


Die gemeentes in die Nuwe Testament is vir ons ‘n bron van insig en 'n voorbeeld van hoe die Kerk van Christus daarna moet uitsien en leef. Die Bybel gebruik verskeie beelde om die funksie van die Kerk en ‘n dinamiese gemeente te beskryf. Die Kerk word beskryf as ‘n lewende gebou (1 Petrus 2, Efesiërs 2); bruid vir haar Bruidegom (Efesiërs 5, Openbaring 21); lewende liggaam (Efesiërs 1&4, 1 Korintiërs 12); die permanente stad van God (Hebreërs 13, Openbaring 21); ‘n stabiele familie met God as hoof (Efesiërs 2&3, 1 Timoteus 3) en as ‘n geestelike weermag (Efesiërs 6, Openbaring 21).
 
Alles in ag genome, is dit duidelik – die Kerk is ‘n lewende organisme eerder as ‘n organisasie, ‘n lewende gemeenskap eerder as ‘n gebou, ‘n intieme familie eerder as ‘n groep individue. Die grootste kenmerk van die Kerk van Jesus Christus is dat Hy gewone mense – vissermanne, besigheidsmense, belastinggaarders , mediese personeel, boere, politici, opvoeders, kinders ens. – roep om die blye Evangelie te verkondig. Die oproep aan alle Gemeentes is om God se liefde met oop arms te deel met almal, veral die wat verlore is.
 
Ek wil jou nooi om vandag en regdeur 2019 saam met die gelowiges van alle eeue die Kerk suksesvol te maak – tot eer van God Drie-enig!

Ons tema vir Januarie is Kerk. Aangeheg is die powerpoint wat aansluit by Sondag se preek.  Asook ‘n persoonlike, of groep bybelstudie oor die Kerk en sy kenmerke.
 
Geseënde week,
Andrè



(mobile) +44 7841 029307 
(home) +44 1992 813 895
andre@sagemeente.com

 

Vorige Briewe 

Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...
Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...