Voorspoed vir 2019


2018 is amper oor die hond se stert. Al wat oorbly is om terug te kyk na die jaar wat verby is, sake te evalueer en daaroor te besin in die volgende paar dae. Hopelik kan ons waardevolle lesse leer wat die komende jaar sinvol kan beïnvloed. Dit geld vir ons as individue, gesinne en as organisasies.
 
As Gemeente het 2018 vir ons betekenis gehad. God het insprake gehad op persoonlike en individuele vlak wat tot ons elkeen gespreek het. Daar is verskeie sake wat ‘n impak gehad het op ons gesinne en families en is dit sake waarmee ons nog steeds worstel en handel. As Gemeente weet ons meer as ooit, dat ons verhouding met God nie ‘n enkele handeling is nie, maar ‘n lewensreis waarin ons onsself voortdurend aan Hom verbind. As gemeente van Christus kan ons nie ‘n passiewe gemeenskap wees nie, aangesien ons Sy opdrag ontvang het en ons krag en rigting van Jesus af kom.
 
Ons is opreis saam God. Ons gemeente gaan 2019 in met ‘n hernude sin van opgewondenheid oor God se roepstem. Ons eredienste, prediking, kinders, bedieninge, leierskap en omgee, is daartoe gerig om ‘n baken van diensbaarheid te wees. Ons is die Here se Lig en Liefde in ‘n wêreld waar mense Hom meer as ooit nodig het. Ons is God se teenwoordigheid op aarde en ons stemme verkondig Sy evangelie en eer. Mag ek en jy groei in ons verhouding met die Almagtige God en mag ons saam met Koningin Elizabeth getuig dat ons verhouding met die Vader, Seun en Gees vir ons ‘n persoonlike betekenis en troos inhou waar ons ookal gaan.
 
Geseënde 2019

Aangeheg is ons nuusbrief vir Januarie. Daar is opwindende nuus oor aktiwiteite wat in Desember plaas gevind het, en inligting oor aktiwiteite wat in die volgende maand gaan plaasvind. 

Andrè




(mobile) +44 7841 029307 
(home) +44 1992 813 895
andre@sagemeente.com

 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...