Kersfees vir Almal!


Die afgelope naweek het Noordwyk ons laaste Kerssangdiens gehou. Dit was ‘n wonderlike voorreg om saam met die engele ons gebore Christus te kon besing! Dit was ingrypend om saam met herders te hoor en te sien hoe lief God ons het! Alhoewel ons nie almal altyd wys voel nie, was dit verpligtend om te verstaan dat die reddende Kindjie vir jou en my gebore is.
 
Baie dankie vir elkeen wat hierdie jaar se Kerssangdienste so spesiaal gemaak het! Elke reeling en noot het iemand se tyd en toewyding geverg en almal se ondersteuning, hulp en bywoning het dit die sukses gemaak wat dit was. Baie dankie!
 
Kersfees is ‘n tyd van gee… God gee Hoop, Vreugde, Vrede, Liefde en Christus aan jou. Mag jy jouself aan Hom gee en verbind.
 
Andrè

(mobile) +44 7841 029307 
(home) +44 1992 813 895
andre@sagemeente.com

 

Vorige Briewe 

Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...
Skrikkeljaar
Beide die liefde en ‘n skrikkeljaar kan deur 'n Christelike lens gesien word as ‘n geleentheid wat ons herinner aan God se getrouheid, die verbygaande aard van die lewe, en die oproep om mekaar lief te hê More ...
God se woord beskryf Liefde
God is die enigste Een wat jou volmaak kan liefhê. Wanneer jy 'n verhouding met God het en Sy liefde ervaar, bemagtig dit jou om ander lief te hê soos God jou liefhet. My en jou liefde se krag is in God te vinde. More ...
As Woensdag
"Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê." More ...