Dankbaarheid en nuwe begin


 
Oktober is ‘n wonderlike maand! In Suider Afrika is dit lente en is nuwe lewe besig om die wêreld te vul met groen, kleur en geur. In die Noordelike halfrond is dit herfs en word ons wêreld gevul met ‘n wonderlike somer se verduisterende kleure en die aanvaarding van die winter se koel vars lug.
 
1 Tessalonisense 5:16-28 roep elke gelowige op – wees bly en dankbaar; bid gedurig en vertrou die Heilige Gees; ken God en toets alles aan Sy wil; behou die goeie. Wat ookal die somer gebeur het; of wat ookal in hierdie winter gaan gebeur – Tessalonisense roep ons op om ons lewe in geloof te leef. So sal ons altyd iets vind om teenoor God voor dankbaar te wees.
 
Oktober is op vele vlakke ‘n nuwe begin. Vind aangeheg ons nuwe maandelikse nuusbrief oor verskeie sake wat in die gemeente gebeur het en gaan gebeur. Geniet dit!
 
Seënwense,
Andrè

Vorige Briewe 

Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...
Skrikkeljaar
Beide die liefde en ‘n skrikkeljaar kan deur 'n Christelike lens gesien word as ‘n geleentheid wat ons herinner aan God se getrouheid, die verbygaande aard van die lewe, en die oproep om mekaar lief te hê More ...
God se woord beskryf Liefde
God is die enigste Een wat jou volmaak kan liefhê. Wanneer jy 'n verhouding met God het en Sy liefde ervaar, bemagtig dit jou om ander lief te hê soos God jou liefhet. My en jou liefde se krag is in God te vinde. More ...
As Woensdag
"Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê." More ...