Waarde van Tug


“Buig die boompie terwyl hy nog jonk is” is sekerlik een van die bekendste Afrikaanse uitdrukkings. Dit is iets waarmee ons elkeen groot geword het. Soms het dit gelei tot lang trane en soms selfs tot rusie en baie seer.

In Hebreërs 12:7-13 lees ons van die tug waaraan gelowige kinders (volwassenes ook) onderworpe is. Die positiewe aspekte van tug word in die teks belig en word daar genoem dat selfs God sy kinders tug. Die versterking en begeleiding wat liefdevolle tug tot gevolg het, se waarde kan nie onderskat word nie.

Ds HA Retief skryf dat God se liefdesgebod die hart is van Hebreërs 12 se boodskap. Die bedoeling van die tug is nie om te vervreem nie, maar om terug te bring, te lei sodat ons naaste kan triomfeer tot eer van Sy Naam!

Tugtiging is meestal gerig tot hulle vir wie ons lief is en ons familie naaste aan ons leef. Daar is verskeie vorms wat tugtiging  kan aanneem of dit ‘n broederlike gesprek, vermaning, of ‘n kinderlike teregswysing is, God se helende liefdes-opdrag moet deur ons optrede weerklink – jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ons woorde en optrede moet salf wees om verwondes te verpleeg, te versterk, en op te bou.
 
 Leef God se liefde!
Andrè

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...