Klein dingetjies.


Gister was die herdenking van oorlede Nelson Mandela se honderdste verjaarsdag. Baie is geskryf en gesê op die dag, maar dit was een van die klein berigte wat my aangespreek het – ’n berig wat gehandel het oor die manier waarop president Mandela die klein dingetjies gedoen het…

Een van die staaltjies vertel hoe ‘n 6-jarige dogtertjie by die hek opgedaag het en gevra het om die bekende Nelson Mandela te sien. Hy het haar dadelik ingenooi en hy het tyd gemaak om met haar te sit en gesels. Melanie Verwoerd skryf oor verskeie gebeure waar ‘n nobel-prys wenner tyd, woorde en aksies kon vind om mense rondom  hom aan te raak en aan te moedig, veral wanneer hulle dit die nodigste gehad het.

In Matteus 10 stuur Jesus sy twaalf dissipels uit om Hom te gaan bely.  Daarom sê hy in die laaste verse “Wie julle ontvang, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het…Wie aan een van hierdie geringstes net 'n beker koue water gee omdat hy my dissipel is, sál sy beloning kry. Dit verseker Ek julle.” Dit is duidelik dat Christus elkeen van sy dissipels stuur om die liefde van God te gaan leef.

Ons is broeders en susters van dieselfde Jesus Christus, in God ons Vader. Dieselfde opdrag geld vir jou en my. Ons is miskien nie welbekende nobel-prys wenners nie, maar God kies keer op keer die ‘onwaarskynlikste’ mense. Die manier hoe ons Jesus se opdrag kan aanpak is om Sy liefde te wees in die klein sakies van elke dag. Ons kan elke dag iemand aanraak deur tyd te maak; ons woorde noukeurig en opbouend te kies; en op te tree met dade wat spreek van liefde, omgee en aanmoediging, veral wanneer en dit dalk die moeilikste is vir my en hulle dit die nodigste het.

 Seënwense, 
Andrè


 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...