Toets God ons geloof?

 
 
In Genesis 22 sê God vir Abraham: "Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy lief het, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer." Abraham moes kies tussen God se opdrag en sy geliefde seun Isak. 
 
Die aard van ‘n toets is om te bepaal waartoe iemand werklik in staat is. God toets vir Abraham om te sien: Is Abraham se geloof regtig eg? Dit laat ons met die vraag: Is jou geloof werklik eg? 
 
Die grootste verskil tussen Abraham en ons is God se verhouding met sy kinders wat geherdefinieer is deur Jesus Christus. Jesus leer ons dat ons nie deur onsself en ons dade gered kan word nie, maar slegs deur geloof. Die egtheid van ons geloof word bepaal deur ons aanvaarding van God se liefde en genade.
 
Geseënde week!
Andrè

Vorige Briewe 

Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...
Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...