Voortdurend


 Dis heerlike lente, die winter’s verby; weer nooi berg’ en klowe vir jou en vir my. Die bergklim is heerlik, dit hou mens gesond. Die vroe-, vroeë môre het goud in die mond.
 
Die lirieke van hierdie Suid Afrikaanse volksliedjie klink hierdie jaar eg in die VK. Ons het ‘n wonderlike lente tot op hede en ons leef met ‘n afwagting van selfs ‘n beter somer. Die hitte van elke sonstraal vul ons met energie om elke takie in die dag met entoesiasme aan te pak. Ons het selfs meer krag vir die uitdagings op ons pad.
 
Galasiers 6 deel met ons hoe ons ‘n geestelike lente-somer energie kan ervaar: “…wie op die akker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oes. Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie…” (v8-10). Wanneer ons op God se gees vertrou, dan skyn God se ‘sonstrale’ al meer in ons lewe. Die gevolg is dat ons lewens meer gevul word met sy hitte en geestelike energie. Wanneer ons “goed doen” aan iemand; en dit herhaal; en herhaal…word dit elke keer net makliker om goed te doen.
 
Lewens wat getuig van God se gees, is gevul met ‘n ander soortige energie, dryf en determinasie, want die bron daarvan is Ewig en Onwankelbaar. Dan kan ons saam met die volksliedjie lofsing:
Die bergklim is heerlik, dit hou mens gesond. Die vroe-, vroeë môre het goud in die mond.
 
Seënwense,
Andrè

Vorige Briewe 

Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...
Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...