Hy het opgestaan!

 

In die vroeë kerk het Christene mekaar gereeld gegroet en ook aangemoedig met die woorde: "die Here het opgestaan." Dit was die oorwinningskreet van die vroeë kerk. Hierdie vaste wete dat Christus die dood uitgeknikker het en dat Hy nou as Heer leef, was die fondament waarop die kerk geplant is. Hierdie belydenis is ook die fondament waarop die kerk nog steeds staan. Hiersonder is geen ware geloof moontlik nie. Sonder die opgestane Heer se teenwoordigheid is ons geloof nutteloos. Jesus is die hoop vir elke gelowige. Hy is die anker vir elkeen wat aan Hom vashou. Hy is ons Heer.

Saam met die kerk van die Heer oor die wêreld bely ons in hierdie dae opnuut dat Jesus opgestaan het. Sy oorwinning is ook ons s'n. Sy triomf is ons deel. Daarom leef ons. Daarom vier ons fees te midde van al die vure van haat en wanhoop rondom ons. Christus is by ons al die dae tot aan die einde van die wêreld. In Hom en deur Hom leef ons. Saam met Hom stap ons die res van die jaar tegemoet met hoop.
                                                                                              deur Stephan Joubert            
Geseënde week!
Andrè



                                                           

Vorige Briewe 

Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...
Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...
Skrikkeljaar
Beide die liefde en ‘n skrikkeljaar kan deur 'n Christelike lens gesien word as ‘n geleentheid wat ons herinner aan God se getrouheid, die verbygaande aard van die lewe, en die oproep om mekaar lief te hê More ...