Kom vier Paasfees saam met ons!

 

 Johannes 3:11-18
 
Elke dag weerklink die woorde reg oor die wêreld – ek is lief vir jou – in verskillende verhoudinge. Hierdie woorde bewys ‘n sekere verbintenis aan die spesifieke persoon.  Wanneer iemand sê hy/sy is lief vir jou, maar anders optree, verloor hierdie woorde hulle trefkrag.
 
Hierdie komende naweek is Paasnaweek – Goeie Vrydag en Paassondag – waarop God sy liefde vir sondaars bewys met ‘n konkrete daad.  Jesus lê sy lewe vir sondaars af, want wanneer God sê Hy het ons lief, is dit nie net woorde en lippetaal nie. Die bewys van God se liefde vind ons aan die kruis op Golgota.
 
Omdat God ons eerste liefgehad het, sonder dat ons dit verdien, moet ons mekaar ook liefhê.  Daarom word ons as gelowiges in 1 Johannes 3:18 vermaan: Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid. Ons moet God toelaat om ons lewens met sy liefde aan te raak. Ons moet die wêreld met Sy liefde gaan aanraak.
 
Kom vier Paasfees saam met ons!  Vrydag se gesamentlike CTL erediens is by LBC om 10 uur. Sondag se SAG opstandingsdiens is by Guildford Gemeente om 10 uur. 
 
                                                                                    (met gedeeltelike erkenning aan Ds JA Swart)
Geseënde Paasfees!
Andrè


                                                           

Vorige Briewe 

Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...
Skrikkeljaar
Beide die liefde en ‘n skrikkeljaar kan deur 'n Christelike lens gesien word as ‘n geleentheid wat ons herinner aan God se getrouheid, die verbygaande aard van die lewe, en die oproep om mekaar lief te hê More ...
God se woord beskryf Liefde
God is die enigste Een wat jou volmaak kan liefhê. Wanneer jy 'n verhouding met God het en Sy liefde ervaar, bemagtig dit jou om ander lief te hê soos God jou liefhet. My en jou liefde se krag is in God te vinde. More ...
As Woensdag
"Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê." More ...