Ons moet ons kruis opneem 

 

Johannes 19: 17-27
 
Jesus se kruiswoorde gee vir ons ‘n skrefie insig tot Sy intense lyding aan die kruis. Dit was ‘n dag waarop Hy verraai, gemartel, verwerp en gespot is – dit was ‘n dag van pyn en eensaamheid. Jesus roep ons op om ons kruis in die lewe op te neem. In die moeilike dae in ons lewens, het Sy kruiswoorde betekenis vir ons elkeen.
 
Terwyl Jesus aan die kruis hang, sien Hy sy moeder en die dissipel vir wie Hy baie lief was. Wanneer Jesus vir Maria sê “Daar is U seun”, bedoel Hy dat die lieflingdissipel van daardie oomblik af Jesus se plek moes inneem. Die lieflingdissipel moes vir Maria beskerm en versorg – dit word bevestig met die woorde “Daar is jou moeder”. Van daardie dag af het die lieflingdissipel aanspreeklikheid aanvaar vir haar versorging. Al ondergaan Jesus die bitterste pyniging denkbaar, maak Hy steeds seker dat die wat naby Hom is, steeds versorg sal word.
 
Komende Sondag is Moedersdag. ‘n Dag waarop ons dank bewys aan ons moeders en hul lewens waarin hulle ons versorg en opgebou het. Moederskap is soveel meer vir baie van ons en hierdie is ‘n dag vir al die vroue wat hul met ons bemoei het.

Die kern van Jesus se opdrag gaan alhoewel verder – ons moet ons kruis opneem. Ons moet Jesus se opdrag aan die lieflingdissipel self opneem. Ons moet omsien na die liggaamlike en geestelike welstand van die mense naby aan ons.
                                                          (met gedeeltelike erkenning aan Ds EG Fourie)
Geseënde lydensweek.
Andrè
Leraar


                                                           

Vorige Briewe 

Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...
Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...
Skrikkeljaar
Beide die liefde en ‘n skrikkeljaar kan deur 'n Christelike lens gesien word as ‘n geleentheid wat ons herinner aan God se getrouheid, die verbygaande aard van die lewe, en die oproep om mekaar lief te hê More ...