Lydenstyd 

 

Op die 14de Februarie het lydenstyd (‘Lent’) begin.  Dit is tyd in die kerklike jaar wanneer ons in diepte kyk na Jesus se lyding wat Hy verduur het in die weke voor sy kruisiging.
 
In drie van die vier Evangelies word melding gemaak van ’n paasmaaltyd wat Jesus saam sy dissipels genuttig het kort voor sy lyding begin het. Die dissipels se vraag aan Jesus: Waar wil U hê moet ons gaan regmaak vir U om die paasmaaltyd te eet? (Matt 26: 17b). Die woorde vir U maak dit duidelik – dit is Jesus se paasfees. Jesus se volgende opmerking versterk die boodskap: My tyd is naby... (Matt 26: 18b). Die paasfees wat Jesus saam met sy dissipels vier, is die begin van die einde van Jesus se werk op aarde. Daarna het sy lydenspad begin.
 
Die gebruik om saam met iemand te eet, het in die Bybelse tyd ’n baie sterk simboliese betekenis gehad deur op ’n besondere wyse jou verbondenheid met mense uit te druk. Hierdie ete saam met Jesus se getrouste volgelinge, dui op sy simboliese eenwording met hulle en die oordrag van die werk wat Hy op aarde begin het.
 
Vandag vier ons elkeen steeds die Paasmaaltyd saam. Ons herinner mekaar aan ons ‘een wees’ met Jesus. So onthou ons dat Hy aan elkeen van ons, soos aan die dissipels destyds, die voortsetting van sy werk hier op aarde opdra en oordra. Die woorde in Matteus vind dus gereeld sy herhaling in ons lewens: In jou huis wil Ek saam met jou die paasmaaltyd hou... (Matt 26: 18c).
            (met gedeeltelike erkenning aan Dr Gerhard Nel)
       

                                                           

Vorige Briewe 

Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...
Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...