AS WOENSDAG

 

Die wêreld waarin ons leef plaas die eie-ek in die sentrale punt van die lewe. Paulus maak dit alhoewel duidelik dat, in ons verhouding en diens tot God, ons niks het om op te roem nie. Alles is genade! Efesiërs 2:9: “Dit (ons redding) kom nie deur verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.” 

In Matteus 5:16 maak Jesus dit duidelik - “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” Dit gaan nie om ons nie, maar aan God al die eer!

Vandag is As-Woensdag en die begin van 40dae lydenstyd. Deur alles in ons lewens aan God te wy, kan ons saam met Paulus bely: “Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid.“ (Romeine 11:36).

Gebed:
Gebed 1

Seëngroete,
Andrè


                                                           

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...