Ons geestelike oefen plan!


Die oorgang tot ‘n nuwe jaar bring dikwels verandering, weemoed en hartseer, want jaarwisseling herinner ons aan die verganklikheid van alles. Dit bevestig ons nietigheid om sekere dinge te beheer, want ons is onderworpe aan tyd en natuurlike prosesse. Ook toon ons die tekens van nog ‘n jaar se veroudering: ons loop effe krommer, ons hoor effe swakker, ons sien effe dowwer en die hare wat op ons kop oor is, is heelwat gryser. 

Paulus skryf in 2 Korintiërs 4:16: Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. So belig hy nie sy agteruitgang en onvermoë nie, maar die feit dat God deur sy Gees elke oomblik besig is om hom innerlik te vernuwe.

Ons Geestelike Oefen PlanWatter sake en gewoontes is noodsaaklik vir my geestelike pad, reis en verhouding saam met die Here – help ons verstaan ‘hoe’ God dit doen en wat ek moet en kan doen om geestelik vernuwe te word, –wees , en –bly. Met die volgende erediens gaan ons ons geestelike stamina toets en die sake ondersoek wat ons geestelik sal vernuwe.

KOM OEFEN gerus SAAM!  Kom ondersoek, leer en leef jou reis saam met ons op die volgende Sondae by|Alderbrookskool, B91 1SN  Sien jou daar!

Soli Deo Gloria – Al die Eer aan God!
Andre


GEESTELIKE OEFEN PROGRAM:
Sondag 21 Januarie 2018 – Bron van geestelike energie – Psalm 119
Sondag 4 Februarie 2018 – Vereiste vir geestelike groei – Filippense 2
Sondag 18 Februarie 2018 – Bewyse van geestelike program – Matteus 25 en Lukas 2
 
 

 
 
 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...