GEESTELIKE OEFEN PLAN

 
Die oorgang tot ‘n nuwe jaar bring dikwels verandering, weemoed en hartseer, want jaarwisseling herinner ons aan die verganklikheid van alles. Dit bevestig ons nietigheid om sekere dinge te beheer, want ons is onderworpe aan tyd en natuurlike prosesse. Ook toon ons die tekens van nog ‘n jaar se veroudering: ons loop effe krommer, ons hoor effe swakker, ons sien effe dowwer en die hare wat op ons kop oor is, is heelwat gryser.
 
Paulus skryf in 2 Korintiërs 4:16: Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. So belig hy nie sy agteruitgang en onvermoë nie, maar die feit dat God deur sy Gees elke oomblik besig is om hom innerlik te vernuwe.
 
Ons Geestelike Oefen Plan – Watter sake en gewoontes is noodsaaklik vir my geestelike pad, reis en verhouding saam met die Here – help ons verstaan ‘hoe’ God dit doen en wat ek moet en kan doen om geestelik vernuwe te word, –wees , en –bly. Met die volgende erediens gaan ons ons geestelike stamina toets en die sake ondersoek wat ons geestelik sal vernuwe.
 
KOM OEFEN gerus SAAM!  Kom ondersoek, leer en leef jou reis saam met ons die volgende paar Sondae by Loughton.  Sien jou daar!
Soli Deo Gloria – Al die Eer aan God!
 
Andre
Leraar SA Gemeente Noordwyk 
 
GEESTELIKE OEFEN PROGRAM:
Sondag 28 Januarie 2018 – Bron van geestelike energie – Psalm 119
Sondag 11 Februarie 2018 – Vereiste vir geestelike groei – Filippense 2
Sondag 25 Februarie 2018 – Bewyse van geestelike program – Matteus 25 en Lukas 2
                                                           

Vorige Briewe 

Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...
Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...