KOM OEFEN SAAM

 
2018 is skaars onderweg en dit voel of ons al vêr die jaar in is.  In die gesondheidswêreld praat hulle van “fatigue” – om moeg te wees en nie voldoende energie te hê nie.  Ja, net 10 dae verby en baie van ons voel of ‘n volgende breuk en vakansie nie meer te lank moet wag nie.  Voor ons dit besef, lê komende sake en die onbekende van die nuwe jaar soos ‘n berg voor jou en my.
 
Die Woord van God sê ons hoef nie te vrees, bekommerd of onseker te wees nie. Die Psalm digter bevestig dit:

Die Here bepaal die koers van die mens met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom.
As so iemand val, bly hy nie lê nie, want die Here help hom op.

En hy getuig ook:

Ek was jonk en ek het oud geword, maar nooit het ek 'n regverdige verlate gesien of dat sy nageslag brood soek nie.
Hy is altyd vrygewig, hy leen uit sonder rente: met sy nageslag sal dit goed gaan. (Ps 37:23-26)

 
Elke mense is in hulle diepste wese geestelik, op een of ander manier.  Ons elkeen is op ‘n geestelike pad en reis.  Die vraag om vandag te vra is:  Is jy tevrede met die geestelike pad waarop jy is? …Is die Here tevrede met die lewenspad waarop jy is?

Aan die begin van 2018 gaan ons saam ondersoek instel oor: my Geestelike Oefen Plan – Watter sake en gewoontes is noodsaaklik vir my geestelike pad, reis en verhouding saam met die Here.  Daarom is ons erediens temas oor die volgende paar Sondae soos volg:

Sondag 14 Januarie 2018 – Sterkste geestelike beginpunt – Matteus 7
Sondag 28 Januarie 2018 – Bron van geestelike energie – Psalm 119
Sondag 11 Februarie 2018 – Vereiste vir geestelike groei – Filippense 2
Sondag 25 Februarie 2018 – Bewyse van geestelike program – Matteus 25 en Lukas 2
 
KOM OEFEN SAAM!  Kom ondersoek, leer en leef jou reis saam met ons op die bogenoemde Sondae by Loughton.  Sien jou daar!
 
Soli Deo Gloria – Al die Eer aan God!
Andre
 
 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...