ADVENT

 
Advent is ‘n wonderlike tyd van die jaar!  Oral oor die wêreld maak mense reg vir Kersfees; reg om die geboorte van die Koningskind te vier.  Dit is ‘n tyd van die jaar waar ons weer op nuut voor die vraag staan: Wie is hierdie Jesus en wat het God deur Hom vir ons kom doen?
 
Johannes 1:1-3 sê: “In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie.” Jesus het voor sy geboorte al bestaan.  Hy lewe van ewig af, voor die skepping van die wêreld en die mens. Hy het nie dieselfde beperkinge as die mens nie – Hy is meer as ons mense – Hy is God self en Sy liefde vir ons bestaan al van die skepping af.
 

Sondag 10 Desember om 9:00 gaan ons saam Sy liefde herdenk deur die nagmaal te gebruik. Kom deel daarin! 

Daarna gaan ons saam met ons kinders Jesus loof in ‘n gesamentlike ‘Carol Service’ met die Baptiste Gemeente (LBC). Kom prys Hom! 

LBC het ook gevra om saam deel te neem aan hulle “200 Acts of Kindness” deur aan die kinders by Haven House Children's Hospice ‘n geskenk te gee. Bring daarom asb ‘n nuwe speelding saam sodat ‘n kind herinnner kan word aan God se liefdesgeskenk hierdie Kersfees.

Sien julle Sondag!
 
Geseënde Advent,
Andrè

 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...