LEWENSPAD

Die Spreuke boek deel met ons verskeie wyshede.  Die skrywer maak verskeie stellinge; gee soms raad; en bespreek sake meestal uit ‘n interessante hoek met ‘n unieke oogpunt.  Daar is alhoewel ‘n saak wat deurgaans sentraal staan – God is in beheer en met diegene wat Hom soek.
 
Spreuke 16 praat oor verskeie aspekte van ‘n gelowige se lewenswandel.  Hy maak telkens die punt, dat ons kennis en verstaan gedeeltelik is, maar dat God alles ken, weet en volkome voorsien.  Daarom sê hy ook in vers 9 “'n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop.”
 
Ons elkeen is op reis deur die lewe; elkeen is op sy of haar eie weergawe daarvan.  Ons is verantwoordelik om gebeure en sake te beplan, maar die Spreuke digter sê vir ons dat ons planne kom alleen tot vervulling in God se wil. Spreuke vra dus:  Hoe neem ons God in ag met ons beplanning?
 
God se plan is gesetel rondom sy kinders.  Jesus Christus het dit vir ons kom vergestalt.  Selfs die sterrekykers was oortuig van Sy ster en lig.  Gelowiges – jy en ek – is deel van God se plan!  Ons ewige toekoms is gefundeer in Hom.  Waarom sal ons Hom dan nie deelmaak van ons planne hier en nou nie? 
 
Mag jy en jou geliefdes opnuut bewus wees van God se nabyheid in die komende Advent tyd.
 
Soli Deo Gloria,
Andrè

 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...