Kerssangdiens 3 Desember.


 Eerskomende Sondag, 3 Desember om 10:00 vind Middellande se KERSSANGDIENS plaas. Ons tema hierdie jaar is “LIG”.  Ons nooi julle om saam te kom lofsing en kuier! Onthou asseblief die volgende reëlings:

1. Die Kerssangdiens is 10:00 by Alderbrookskool, Blossomfield Road, Solihull, B91 1SN.

2. Tydens die erediens samel ons die gebruiklike KONINGSOFFER in waarvan die helfte oorbetaal word aan 'n liefdadigheidsorganisasie in Suid-Afrika en die ander helfte aan plaaslike organisasies. Verlede jaar se Koningsoffer is oorbetaal aan Agape; en die Abraham Kriel Kinderhuis in Suid-Afrika.

3. Bring asb benodigdhede/ geskenke vir Birmingham en Solihull Women's Aid. Hulle ondersteun Vrouens en kinders wat moes vlug van gesinsgeweld.  Ons sal dit Sondag na die diens by hul aflewer.

4. Na die erediens kuier ons saam rondom 'n heerlike KERSETE. Flame BBQ berei vir ons 'n ete voor. Onthou asb jul eie glase en drinkgoed. Koffie en tee is beskikbaar.

5. Al ons KINDERS word uitgenooi om soos Bybelkarakters aan te trek en deel te wees van die aanbidding.

Sien jou Sondag! 

Groetnis,
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...