Waar of Vals?


 Job 42:1-8
 
Is daar ‘n norm om waarheid van valsheid te onderskei? Sekere Grieks-filosofiese strominge was van opinie dat die waarheid beïnvloed word deur individuele perspektief en omstandighede – dus elkeen het in hom- of haarself die oordeel om te bepaal wat waar en vals is. Die lewensbeskouing spoel soms ook oor in ons geloofslewe: Wat is ware en vals  godsdiens?
 
Johannes Calvyn het vals godsdiens so beskryf: dit meet God nie aan die hand van sy onbeperkte majesteit nie, maar aan die hand van die mens se eie natuur. Sodoende raak die mens(e) afvallig van die ware God, want hy aanbid sy eie drome en begeertes.
 Job en sy vriende het presies dit gedoen – hulle verstaan van die Here was ingeperk deur wat hulle van die Here benodig, verwag en gedink het. Daarom sê Job: “Nou weet ek dat U tot alles in staat is en dat U kan uitvoer wat U besluit. Wie is dit wat u bedoelinge wou dwarsboom sonder dat hy die insig gehad het? Ek het oor dinge gepraat wat ek nie begryp het nie: u wonderdade was te groot vir my, ek het dit nie verstaan nie…”
 
Die Here kan nie deur menslike verklarings beperk of ingeperk word nie.  God se majesteit is te groot. Daarom is dit moeilik om Sy almag en liefde te verstaan, want Hy laat nie toe dat ons sonder Hom leef nie – in Christus steek Hy sy hand na ons uit en openbaar Hy sy genade, liefde en verlossing. Ware godsdiens begin dus by God, en nie by ons nie.
                                                      (gedeeltelike erkenning aan Dr C Pretorius)
 
Soli Deo Gloria,
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...