Waar of Vals?


Job 42:1-8
 
Is daar ‘n norm om waarheid van valsheid te onderskei? Sekere Grieks-filosofiese strominge was van opinie dat die waarheid beïnvloed word deur individuele perspektief en omstandighede – dus elkeen het in hom- of haarself die oordeel om te bepaal wat waar of vals is. Die lewensbeskouing spoel soms ook oor in ons geloofslewe: Wat is ware en vals godsdiens?
 
Johannes Calvyn het vals godsdiens so beskryf: dit meet God nie aan die hand van sy onbeperkte majesteit nie, maar aan die hand van die mens se eie natuur. Sodoende raak die mens(e) afvallig van die ware God, want hy aanbid sy eie drome en begeertes.

Job en sy vriende het presies dit gedoen – hulle verstaan van die Here was ingeperk deur wat hulle van die Here benodig, verwag en gedink het. Daarom sê Job: “Nou weet ek dat U tot alles in staat is en dat U kan uitvoer wat U besluit. Wie is dit wat u bedoelinge wou dwarsboom sonder dat hy die insig gehad het? Ek het oor dinge gepraat wat ek nie begryp het nie: u wonderdade was te groot vir my, ek het dit nie verstaan nie…”
 
Die Here kan nie deur menslike verklarings beperk of ingeperk word nie.  God se majesteit is te groot. Daarom is dit moeilik om Sy almag en liefde te verstaan, want Hy laat nie toe dat ons sonder Hom leef nie – in Christus steek Hy sy hand na ons uit en openbaar Hy sy genade, liefde en verlossing. Ware godsdiens begin dus by God, en nie by ons nie.
                                                                                                                (gedeeltelike erkenning aan Dr C Pretorius)
Soli Deo Gloria,
Andrè

 

Vorige Briewe 

Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...
Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...