Psalm 3: Hulp kom net van die Here af.



‘n Herinnering en gebed vir jou en elkeen van ons, geskryf deur Dawid terwyl hy vir sy seun Absalom gevlug het...
 

Ek het so baie vyande, Here! Baie kom in opstand teen my.

Daar is talle wat van my sê: “Van God kom daar vir hom geen hulp nie!”

Maar U, Here, beskerm my aan alle kante, U herstel my eer en aansien.

As ek na die Here roep, antwoord Hy my van sy heilige berg af. Sela

 
As ek gaan lê, slaap ek goed; ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my.

Ek is nie bang vir tienduisende mense wat van alle kante af op my toesak nie.

Kom tog, Here, help my, my God! U het nog altyd my vyande se mag verbreek, U het

die aanval van die goddeloses afgeslaan.

 
Hulp kom net van die Here af. U laat dit goed gaan met u volk.
 

 
Seënwense,
Andrè
 
 

 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...