Leef voluit.

 
BlackMonday het op baie mense ‘n groot impak gemaak. Baie mense het deelgeneem op ‘n wyse waarmee hulle gemaklik was en die rimpelings van die dag sal vir ‘n hele wyle nog voortduur.  Dit was geïnisieer as ‘n dag om Joubert Conradie en alle vermoorde plaasboere se dood te belig as pynlik, hartseer en onaanvaarbaar. Ongelukkig het sekere individue dit vir hulle eie persoonlike agendas aangewend en is die rou-smart wat tot die optog (te) gelei het na die agtergrond  gevee.
 
Maarten Luther het tydens die Hervorming gesê: God benodig nie jou goeie werke nie, maar jou buurman doen. Matteus 5:16 gee vir ons meer insig hieroor: “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” Die vraag is dus – hoe vind dit gestalte in ons lewens?...
 
Alles kan in 'n oog wink verander.
Want God werk op vreemde wyses.
Sy wil is nie ons wil nie.
Sy gedagtes is nie ons gedagtes nie.
Sy tyd is nie ons tyd nie.
Daarom moet jy: 
Diep dink. 
Saggies praat. 
Baie liefhê. 
Vriendelik wees. 
Hard werk.
Voluit lewe.
Want elkeen wat goed lewe, lewe lank want ons lewenstyd word nie  bereken in jare, dae of ure nie.
Onthou veral: 
Vreugde, selfs liefde, sterf as jy dit nie vertroetel.
Daarom is dit nou tyd dat ons:
Met sagte hande aan mekaar begin vat.
Met sagte oë na mekaar begin kyk.
Met sagte tonge met mekaar praat en 'n daaglikse dosis lag inkry!
 
Toe God jou vanoggend sien, net toe jy jou oë oopmaak, het Hy vir die engele gesê!
Los alles.
Kom kyk gou! 
Die is my kind!! (anoniem)
 
Soli Deo Gloria!
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...