Lewe voluit


‘Black Monday’ het op baie mense ‘n groot impak gemaak. Baie mense het deelgeneem op ‘n wyse waarmee hulle gemaklik was en die rimpels van die dag sal vir ‘n hele wyle nog voortduur.  Dit was geïnisieer as ‘n dag om Joubert Conradie en alle vermoorde plaasboere se dood te belig as pynlik, hartseer en onaanvaarbaar. Ongelukkig het sekere individue dit vir hulle eie persoonlike agenda aangewend en is die rou-smart wat tot die optog(te) gelei het na die agtergrond gevee.
 
Maarten Luther het tydens die Hervorming gesê: God benodig nie jou goeie werke nie, maar jou buurman doen. Matteus 5:16 gee vir ons meer insig hieroor: “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” Die vraag is dus – hoe vind dit gestalte in ons lewens?...
 
Alles kan in 'n oog wink verander.
Want God werk op vreemde wyses.
Sy wil is nie ons wil nie.
Sy gedagtes is nie ons gedagtes nie.
Sy tyd is nie ons tyd nie.
Daarom moet jy:
Diep dink.
Saggies praat.
Baie liefhê.
Vriendelik wees.
Hard werk.
Voluit lewe.
Want elkeen wat goed lewe, lewe lank want ons lewenstyd word nie bereken in jare, dae of ure nie.
Onthou veral:
Vreugde, selfs liefde, sterf as jy dit nie vertroetel.
Daarom is dit nou tyd dat ons:
Met sagte hande aan mekaar begin vat.
Met sagte oë na mekaar begin kyk.
Met sagte tonge met mekaar praat en 'n daaglikse dosis lag inkry!
 
Toe God jou vanoggend sien, net toe jy jou oë oopmaak, het Hy vir die engele gesê!
Los alles.
Kom kyk gou!
Die is my kind!!                                                                 (anoniem)
 
Soli Deo Gloria!
Andrè

 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...