Hervormings-uitnodiging


Hierdie week is die laaste week in ons reeks oor die Kerk se Hervorming.  Ons het gedurende Oktober gereflekteer oor die 5 solas van die reformasie
 
  • Genade alleen (sola Gratia) – No rules but Grace
  • Geloof alleen red (sola Fidei) – No work but Faith
  • Christus alleen (solus Christos) – No one but Jesus
  • God se Woord alleen (sola Scriptura) – No word but thy Word
  • Aan God al die eer (sola Gratia) – No silence just Worship 

Ons het opnuut besef dat ons geloof in God besonders is. Geloof is ‘n integrale deel van menswees, maar die aard van die samelewing en menslike natuur bemoeilik dit.  Geloof gaan nie oor ons nie, en ons kan dit nie behaal nie – dit gaan oor God se Genade. In onvoorwaardelike Liefde het Jesus Christus ons verlossing kom bewerk. 

Op Sondag 29 Oktober 2017 gaan ons Gemeente by SAG London ‘n Hervomingsdiens vier. Kom saam en kom bring al die eer aan ons almagtige God!

Op Dinsdag 31 Oktober 2017 gaan alle kerke wat deel is van die reformatoriese tradisie om 06:59 vir een minuut klokke lui en saam in gebed voor God kniel tot eer van God ons Here. Ek nooi- en daag jou uit om op komende Dinsdag oggend jou wekker te stel vir 06:59, en daar waar jy ookal gaan wees – by die huis, werk, hospitaal, op die trein, of vakansie – saam met die kerk van alle eeue in gebed voor God te nader vir een minuut!
 

Soli Deo Gloria!
Andrè

 

Vorige Briewe 

Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...
Skrikkeljaar
Beide die liefde en ‘n skrikkeljaar kan deur 'n Christelike lens gesien word as ‘n geleentheid wat ons herinner aan God se getrouheid, die verbygaande aard van die lewe, en die oproep om mekaar lief te hê More ...
God se woord beskryf Liefde
God is die enigste Een wat jou volmaak kan liefhê. Wanneer jy 'n verhouding met God het en Sy liefde ervaar, bemagtig dit jou om ander lief te hê soos God jou liefhet. My en jou liefde se krag is in God te vinde. More ...
As Woensdag
"Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê." More ...