Hervormings - uitnodiging.

 
Hierdie week is die laaste week in ons reeks oor die Kerk se Hervorming.  Ons het gedurende Oktober gereflekteer oor die 5 solas van die reformasie
 
Genade alleen (sola Gratia)– No rules but Grace
Geloof alleen red (sola Fidei)– No work but Faith
Christus alleen (solus Christos) – No one but Jesus
God se Woord alleen (sola Scriptura) – No word but thy Word
Aan God al die eer (sola Gratia) – No silence just Worship 
 
Ons het opnuut besef dat ons geloof in God besonders is. Geloof is ‘n integrale deel van menswees, maar die aard van die samelewing en menslike natuur bemoeilik dit.  Geloof gaan nie oor ons nie, en ons kan dit nie behaal nie – dit gaan oor God se Genade. In onvoorwaardelike Liefde het Jesus Christus ons verlossing kom bewerk. 
 
Op Sondag 29 Oktober 2017 gaan ons Gemeente by SAG London ‘n Hervomingsdiens vier. Kom saam en kom bring al die eer aan ons almagtige God! 
 
Op Dinsdag 31 Oktober 2017 gaan alle kerke wat deel is van die reformatoriese tradisie om 06:59 vir een minuut klokke lui en saam in gebed voor God kniel tot eer van God ons Here. Ek nooi- en daag jou uit om eerskomende Dinsdag oggend jou wekker te stel vir 06:59, en daar waar jy ookal gaan wees – by die huis, werk, hospitaal, op die trein, of vakansie – saam met die kerk van alle eeue in gebed voor God te nader vir een minuut!
 
Soli Deo Gloria!
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...