Christus Alleen


Christus alleen was ‘n sentrale saak vir die Reformasie. Die rede hiervoor was eenvoudig – slegs deur geloof in Jesus Christus, die Seun van God, kan daar vir gelowiges verlossing wees. In Johannes 14:6-7 sê Jesus self: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie. As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken julle Hom en sien julle Hom.”
 
Slegs deur God se genadige self-bekendstelling in Jesus Christus kom ons tot die verlossende en transformerende kennis van God.  Christus se Sy kruisdood en opstanding het ‘n veranderende betekenis vir elkeen wat in Hom glo se lewens. Die implikasie hiervan is net so waar vir die hede as die toekoms en die ewige lewe.
 
Gaan kyk gerus persoonlik;  in jou gesin;  en of in julle gespreksgroepe die week se kort video; die kort studiegedeelte is aangeheg en by die eredienste van Sondag gaan ons in meer detail stilstaan by die betekenis van al hierdie sake.
 
Lekker lees, dink en bid!  Soli Deo Gloria!
Andrè

 

 

Vorige Briewe 

Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...
Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...