Hervorming van die Kerk

 
In ons eerste week van studie oor die Kerkhervorming het ons oor Genade Alleen gereflekteer. God se genade is die enigste element wat ons redding bewerk – nie die reëls wat ons nakom nie. Die aanvaarding en oorgawe aan God se genade is die eerste bousteen van ‘n lewende verhouding met God.

Week 2 handel oor Geloof Alleen. Alleenlik geloof in die lewende God is die tweede bousteen van ‘n lewende verhouding met die reddende Here waarin ons verlossing gesetel is. Jou en my harde en goeie werke dien tog ‘n doel, maar tot watter mate is dit gekoppel aan my geloof? Die vraag: "Is regverdiging deur geloof alleen of deur geloof sowel as dade?" was ‘n pertinente saak van die Reformasie.

Die vraagstuk van geloof alleen (ware Evangelie) of geloof sowel as dade (werke evangelie), word bemoeilik deur sommige Bybel gedeeltes. Romeine 3:28, 5:1 en Galasiërs 3:24 met Jakobus 2:24 is maar net ‘n paar van die gedeeltes wat mekaar oënskynlik weerspreek. Dit is egter krities om die konteks en gehoor, waarvoor Paulus en Jakobus geskryf het, in ag te neem. Jakobus en Paulus verskil nie in hulle leringe van regverdiging nie. Hulle benader dieselfde onderwerp vanuit verskillende oogpunte. Paulus beklemtoon eenvoudig dat regverdiging nie deur geloof alleen is nie terwyl Jakobus klem plaas op die feit dat geloof in Christus, goeie dade tot gevolg het.

Jy persoonlik; in jou gesin; en of gespreksgroepe kyk die week se kort video hier saam; die studiegedeelte is aangeheg en by die eredienste van Sondag gaan ons hierby stilstaan in meer detail.

Lekker lees, dink en bid!  Soli Deo Gloria!
Andrè

 

 

Vorige Briewe 

Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...
Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...