Geloof alleen.


In ons eerste week van studie oor die Kerkhervorming het ons gereflekteer Genade Alleen. God se genade is die enigste element wat ons redding bewerk – nie die reëls wat ons nakom nie. Die aanvaarding en oorgawe aan God se genade is die eerste bousteen van ‘n lewende verhouding met God.

Week 2 handel oor Geloof Alleen. Alleenlik geloof in die lewende God is die tweede bousteen van ‘n lewende verhouding met die reddende Here waarin ons verlossing gesetel is. Jou en my harde en goeie werke dien tog ‘n doel, maar tot watter mate is dit gekoppel aan my geloof? Die vraag: "Is regverdiging deur geloof alleen of deur geloof sowel as dade?" was ‘n pertinente saak van die Reformasie.

Die vraagstuk van geloof alleen (ware Evangelie) of geloof sowel as dade (werke evangelie), word bemoeilik deur sommige Bybel gedeeltes. Romeine 3:28, 5:1 en Galasiërs 3:24 met Jakobus 2:24 is maar net ‘n paar van die gedeeltes wat mekaar oënskynlik weerspreek. Dit is egter krities om die konteks en gehoor, waarvoor Paulus en Jakobus geskryf het, in ag te neem. Jakobus en Paulus verskil nie in hulle leringe van regverdiging nie. Hulle benader dieselfde onderwerp vanuit verskillende oogpunte. Paulus beklemtoon eenvoudig dat regverdiging nie deur geloof alleen is nie terwyl Jakobus klem plaas op die feit dat geloof in Christus, goeie dade tot gevolg het.

Jy persoonlik; in jou gesin; en of gespreksgroepe kan die week se kort video hier kyk; die kort studiegedeelte is aangeheg en by die eredienste van Sondag gaan ons hierby stilstaan in meer detail.

Lekker lees, dink en bid!  Soli Deo Gloria!
Andrè

 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...