Vrygemaak om nuut te glo

 
Die verlede is belangrik, om die hede te verstaan, en om die toekoms te beplan (Anoniem)
 
Gedurende die maand van Oktober gaan ons gemeente reflekteer oor die Kerk hervorming wat deur Martin Luther in 1517 begin is. Luther het die kerk van die tyd uitgedaag om oor sekere aspekte van kerklewe te gesels – ek wil jou vandag uitdaag om, saam met ons gemeente, oor die volgende paar weke saam te gesels oor die vyf belangrikste aspekte van die Reformasie.
 
Kom lees, dink en bid persoonlik; in jou gesin; en of gespreksgroepe saam. Elke week van ons kort reeksie bestaan uit ‘n 4 minute video, kort studiegedeelte en die eredienste waarin ons gaan stilstaan by:

Genade alleen (sola Gratia)– No rules but Grace
Geloof alleen red (sola Fidei)– No work but Faith
Christus alleen (solus Christos) – No one but Jesus
God se Woord alleen (sola Scriptura) – No word but thy Word
Aan God al die eer (sola Gratia) – No silence just Worship  

Vandag kyk ons na week 1 - Genade is verniet (sola Gratia)– dit is ‘n vrye gawe uit God se hand, ek kan dit nie koop nie – No rules but Grace.

“Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God…” – Efesiërs 2:8 (Nuwe vertaling)

“For by grace are you saved through faith; and that not of yourselves; it’s a gift of God…” – Ephesians 2:8 (KJV)

Lekker lees, dink en bid!  Soli Deo Gloria!
Andrè

 

 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...