Dankie Here, ons Here

 
Here, ons Here, dankie vir hierdie nuwe dag wat U tot ons lewe toegevoeg het en al die goedheid in ons lewe. Here ek bid dat U ons altyd sal herinner dat ons ook die lig van U liefde met ander sal deel en om altyd hulp aan te bied op enige manier wat ons kan en om dit met vreugde te doen. Ek dink aan die woorde van die lied: "liefde is en bly die grootste: Liefde sluit die lewe oop" en vra Here dat liefde ook in ons lewe sigbaar sal wees. 

Ek bid vir u seën oor almal wat aan ons verbind is, en dat U u liefde oor ons lewens sal uitstort. 
Vader, gee dat ons sal besef  wanneer alles rondom ons, ons van kalmte probeer beroof, hoef ons net op U te vertrou en ons sal vrede vind. 
 
KOLOSSENSE 2:6-7 “Aangesien julle dan Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle in verbondenheid met Hom lewe, in Hom gewortel en op Hom gebou, vas in die geloof soos julle geleer is, en met dankbaarheid vervul.”
 
"Dankie Vader, dat U al die dinge kan hanteer waaroor ons ons so bekommer en wat ons vrede probeer steel. 
Vader, wees met ons deur hierdie dag en ons dank U vir die seker wete dat U ons nooit in die steek sal laat nie, Amen."
(Anoniem)

Seën wense,
Andrè Harmzen

 

 

Vorige Briewe 

Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...
Skrikkeljaar
Beide die liefde en ‘n skrikkeljaar kan deur 'n Christelike lens gesien word as ‘n geleentheid wat ons herinner aan God se getrouheid, die verbygaande aard van die lewe, en die oproep om mekaar lief te hê More ...
God se woord beskryf Liefde
God is die enigste Een wat jou volmaak kan liefhê. Wanneer jy 'n verhouding met God het en Sy liefde ervaar, bemagtig dit jou om ander lief te hê soos God jou liefhet. My en jou liefde se krag is in God te vinde. More ...
As Woensdag
"Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê." More ...