Reformasie 500.

 

Die Kerk maak God aan mense bekend deur hulle lewens aan te raak met sy liefde. Die kerk, waaraan ons deel het, is deel van die reformatoriese tradisie wat in 1517 hul identiteit begin vorm het met die doel om God deel van mense se lewens te maak.  In Oktober 2017 gaan SA Gemeente, saam met die reformatoriese kerke regoor die wêreld, 500jaar van kerkhervorming vier.
 
Die Protestantse Hervorming, wat deur Martin Luther se 95 stellings begin is, is deur verskeie prominente figure opgeneem en gedryf deur die eeue.  Vandag is hervorming onlosmaaklik deel van ons kerkwees en tradisie se fondamente.  Die beginsels van die sogenaamde Solas – Sola scriptura (skrif alleen), Sola gratia (genade alleen), Sola Fidei (geloof alleen), Sola Christus (Christus alleen), Soli Deo gloria (aan God alleen die heerlikheid) – is die boustene van ons hervormde tradisie.
 
Ons geloofslewe en verstaan is steeds gevestig hierin. Die Skrif is jou gids tot God se wil vir jou lewe. God se Genade is die rede waarom ons Christus as ons middelaar en redder het, en daardie selfde genade is vandag vir jou. Dit is egter nodig dat ons stilstaan om hieroor te reflekteer, te dink en te bid om die ware impak van God se liefde vir onsself toe te eien.
 
Oor die volgende paar weke gaan ons gemeente saamkuier rondom die Solas. Jy kan dit op jou eie, in jou gesin, saam vriende, of in ‘n kleingroep bespreek.   Ek wil julle aanmoedig om te kom onthou, leer en verstaan. Dit beloof om elkeen van ons te help verstaan waar ons vandaan kom en waarheen ons oppad is.
 
Soli Deo Gloria!
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...