Laat U wil geskied

 
In Handelinge 5:17-42 verkeer Petrus en die apostels by hom in 'n benarde posisie. Om uit hierdie lewensbedreigende situasie te kom, moet hulle Jesus net ontken en sê: 'Ons sal nie meer mense van Jesus leer nie'. Hulle doen dit nie, maar verklaar eerder: 'n Mens moet eerder aan God gehoorsaam wees as aan mense!  So plaas hulle, te midde van die gevolge, hulle vertroue in God en Sy wil.
     
Deur die geskiedenis heen is daar verskeie mense wat in die voetspore van die apostels gevolg het. Mense wat te midde van hul eie veiligheid en lewens God se wil gekies het. Die Hervorming was 'n tydperk waar verskeie individue en groepe God gevolg het, op Hom vertrou het en hul aanvaarding en veiligheid opgegee het ter wille van gehoorsaamheid aan God se stem en wil.
 
Ons kom vandag ook voor besluite wat ons moet neem ten opsigte van ons huis, beroep, gemeente en verhoudings. Dit is moontlik nie lewensgevaarlik nie, maar dit word steeds gemaak op grond van God se wil, my wil of ander mense se wil. Wat kies ek en jy? 
 
Mag ons elkeen God se wil volg en altyd die implikasies van ons keuses in ag neem.
     
                                       (Gedeeltelik erkenning Ds WJM Breytenbach)

Seënwense, Andrè

 

 

 

Vorige Briewe 

Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...
Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...