God gebruik Zwingli as Reformator in sy Stad. God gebruik jou.



God het met verskeie mense 'n pad gestap om sy kerk te hervorm.  Huldrich Zwingli het in Switserland opgestaan teen die wanpraktyke van die Roomse kerk.  Op grond van sy argumente het die Stadsraad van Zurich in 1523 aksie geneem en die Roomse beeldediens en die Roomse mis afgestel. Daar is ook instruksie gegee dat die Evangelie in die taal van die land verkondig sal word en dat brood en wyn by die Nagmaal bedien sal word.  Zwingli het geglo dat die brood en wyn slegs simbole is van Jesus se liggaam ter herinnering vir ons, en dat die brood en wyn geensins die liggaam en bloed word nie. 

Zwingli het op geestelike en staatkundige vlak belangrike invloed gehad en was nie skrikkerig om daad by woord te voeg nie.  So is hy as veldprediker saam met die leermag van Zurich na die oorlogsvelde en het hy op 1531 in die veldslag van Kappel gesneuwel.
 
God wil ons ook gebruik.  Sy reik en heerskappy begin by ons huise, Gemeente en kerk, maar strek ook verder in die stad en wêreld in.  God bereik die wêreld deur jou en my.
Mag jy, soos Zwingly, jou gawes gebruik om die wêreld te vernuwe in Sy Naam.
 
Seën wense, 
Andrè

 

 

 

Vorige Briewe 

Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...
Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...