Vertroue

 

Geloof is die uitdrukking van 'n verhouding met die lewende God. Geloof is om al jou vertroue en hoop in Christus te stel.
 
Dit gaan daaroor dat jy Hom hier en nou en vir altyd vertrou. Geloof is nie gevoelens nie. Of krag nie. Geloof is om te weet en vas te glo God is getrou. Hy is by ons al die dae. Geloof is om te weet Hy is die Hoorder van gebed. Dit is om Hom op sy Woord te vat, selfs al stoei en worstel jy soms om jou oog op Hom te hou. Nee, dit gaan nie daaroor dat jy moet sit en wag totdat jy voel jou geloof is groot genoeg voordat jy in beweging kom vir die Here nie. Geloof is om die Here met jou een en enigste lewe te vertrou.
 
Glo goed. Glo reg. Glo in Jesus!
                                                                                           Stephan Joubert

Seën wense,

Andrè

 

 

 

Vorige Briewe 

Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...
Skrikkeljaar
Beide die liefde en ‘n skrikkeljaar kan deur 'n Christelike lens gesien word as ‘n geleentheid wat ons herinner aan God se getrouheid, die verbygaande aard van die lewe, en die oproep om mekaar lief te hê More ...
God se woord beskryf Liefde
God is die enigste Een wat jou volmaak kan liefhê. Wanneer jy 'n verhouding met God het en Sy liefde ervaar, bemagtig dit jou om ander lief te hê soos God jou liefhet. My en jou liefde se krag is in God te vinde. More ...
As Woensdag
"Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê." More ...