Vroue van God.

 

Vrouedag kan so maklik tot 'n enkele, kort, vlugtige en minderwaardige gebeurtenis afgeskaal word. Op verskeie plekke in Sy Woord beklemtoon God hoe belangrik ‘n vrou en moeder is.  

In Jesaja 66: 13 sê God deur die woorde van die profeet: “Soos 'n moeder haar kind laat veilig voel, so laat Ek julle veilig voel.”  Kom ons herdenk die vroue in ons geledere voortdurend en gereeld, veral in gebed.
 
God my Moeder, U beskerm U kinders soos ‘n hen haar kuikens.
U ken die harte van almal – ook dié van die vrou.
Daarom kom ek na U, want ek bloei vir die vroue van my land.
Ek krimp ineen oor die statistiek wat ek in die koerante lees:
Ons liggame word verneder en ons menswees geminag.
Ons kinders word misbruik.
Baie van ons worstel om ‘n bestaan te maak in ‘n manswêreld.
Ons voel weerloos en uitgelewer.
U het gesê dat, soos ‘n vrou wat nooit die kinders
wat sy in die wêreld gebring het, vergeet nie,
so vergeet U ons nie.
U het ons name op U handpalms gegraveer.
Daarom dra ek vanmôre aan U liefdevolle versorging op:
elke vrou en elke jong dogter
wat verkragting of seksuele misbruik moet verwerk;
elke vrou wat verbale en fisieke geweld verduur;
elke vrou wat weet dat die MI-virus in haar liggaam skuil;
elke enkelvrou wat haar kinders alleen moet grootmaak;
elke moeder wat haar huis in die donker oggedure
moet verlaat om te gaan werk
en wat bekommerd is oor die veiligheid van haar kinders;
elke bekwame vrou wat in die werkplek
oor die hoof gesien word omdat sy vrou is;
elke eensame ouma wie se kinders haar vergeet het.
Baie dankie dat ons vroue na U kan kom met ons eiesoortige probleme,
Omdat ons weet dat U lyding geken het
En ons kan help om die onreg om te keer.
Leer ons om trots te wees op ons liggame
Omdat ons liggame ons menswees is.
Leer ons in U vroulike wysheid
Om as vroue op te staan vir wat ons toekom, en om soms “nee” te sê.
Help ons om na mekaar uit te reik en mekaar te ondersteun.
God, U weet dat ons behoefte is om in vennootskap met alle mans saam te leef.
Bevry die vroue en die mans van hierdie land
om dit te kan doen, want ons is almal na U beeld geskape.

[Uit: Die Groot Gebedeboek, Lux Verbi.BM: Gebed vir Vrouedag deur Frances
Klopper]

Seën wense,
Andrè.


 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...