GEBEDSFIKS

 

Hoe raak ek gebedsfiks? Hoe kry ek dit reg om sonder ophou te bid, soos wat Paulus in 1 Tessalonisense skryf? Hoe bid ek ook sonder om in geykte woorde en frases vas te val?

Wel, daar's geen resep vir "regte" gebede nie. Maar daar is wel vaste beginsels.
 

Gebed is altyd 'n gesprek met die lewende God. Gebed is om in Jesus se naam met Hom te praat.
 

Nee, dit is nie in die eerste plek vraag-en-antwoordsessies nie. Ek bid nie net as ek iets op die hart het, of iets van God wil hê nie.
 

Ek bid om Hom te verheerlik. Ek bid om sy Naam groot te maak. Ek bid want ek geniet God se teenwoordigheid. Daarom kan ek partykeer net woordloos en stil in sy teenwoordigheid wees.

Gebed gebeur ook in die regte lewe. Ek bid agter my motor se stuurwiel; terwyl ek toustaan, maar ook wanneer ek doelbewus gebedstye opsy sit. So oefen ek lewenslank om reg te bid.
 

Mag jy in hierdie vakansietyd gebedsfiks word!
 

    

                                                                                                                 Stephan Joubert

Seëngroete, Andrè

 

 

 

Vorige Briewe 

Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...
Skrikkeljaar
Beide die liefde en ‘n skrikkeljaar kan deur 'n Christelike lens gesien word as ‘n geleentheid wat ons herinner aan God se getrouheid, die verbygaande aard van die lewe, en die oproep om mekaar lief te hê More ...
God se woord beskryf Liefde
God is die enigste Een wat jou volmaak kan liefhê. Wanneer jy 'n verhouding met God het en Sy liefde ervaar, bemagtig dit jou om ander lief te hê soos God jou liefhet. My en jou liefde se krag is in God te vinde. More ...
As Woensdag
"Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê." More ...