Reis saam met God.

            

 Reis saam met God

“As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U 'n plek gegee het, wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien? U het hom net 'n bietjie minder as 'n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon”  (Psalm 8:4-6)

Die Bybel is vol van besondere ontmoetings tussen God en mense. Reg van die begin wys God dat Hy baie belang stel in sy skepping, die mens, en dat Hy in 'n verhouding met hom wil wees. Sommige mense is ryklik geseën ten spyte van hulle verskriklike omstandighede; ander het, as gevolg van hulle opstand, dwaasheid en trots, hulself teenoor God gestel. In Jesus Christus het God elkeen kom versoen met Hom in Liefde en Genade wat mense nie altyd verstaan nie.

Jy en ek is deel van die verhoudinge wat getuig van God se Liefde en Genade. Ons verstaan dit nie altyd nie, maar ons kan seker wees van Jesus Christus se verlossing. Die enigste verskil tussen die bybelse karakters en ons, is tyd en plek. God, sy Woord en sy doel vir die mens het nie verander nie. Hy " … is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.” (Hebreërs 13:8)

Wanneer jy weer opkyk en om jou kyk en God se skepping bewonder, onthou – dat Hy aan jou dink en na jou omsien.
                       (met gedeeltelike erkenning aan Louise Gevers)
 
Seënwense,
Andrè.


 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...