Reis saam met God

 

"As ek U hemel aanskou, die werk van U vingers, die maan en die sterre waaraan U 'n plek gegee het, wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien? U het hom net 'n bietjie minder as 'n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon"  (Psalm 8:4-6)
 

Die Bybel is vol van besondere ontmoetings tussen God en mens. Reg van die begin wys God dat Hy baie belangstel in Sy skepping; die mens, en dat Hy in 'n verhouding met hom wil wees. Sommige mense is ryklik geseën ten spyte van hulle verskriklike omstandighede; ander het, as gevolg van hulle opstand, dwaasheid en trots, hulself teenoor God gestel. In Jesus Christus het God elkeen kom versoen met Hom in Liefde en Genade wat mense nie altyd verstaan nie.
 

Jy en ek is deel van die verhoudinge wat getuig van God se Liefde en Genade. Ons verstaan dit nie altyd nie, maar ons kan seker wees van Jesus Christus se verlossing. Die enigste verskil tussen die bybelse karakters en ons, is tyd en plek. God, Sy Woord en Sy doel vir die mens het nie verander nie. Hy " ... is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid." (Hebreërs 13:8)
 

Wanneer jy weer opkyk en om jou kyk om God se skepping te bewonder, onthou – dat Hy aan jou dink en na jou omsien.

                                                       (met gedeeltelike erkenning aan Louise Gevers)

 

Seëngroete, Andrè

 

 

 

Vorige Briewe 

Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...
Skrikkeljaar
Beide die liefde en ‘n skrikkeljaar kan deur 'n Christelike lens gesien word as ‘n geleentheid wat ons herinner aan God se getrouheid, die verbygaande aard van die lewe, en die oproep om mekaar lief te hê More ...
God se woord beskryf Liefde
God is die enigste Een wat jou volmaak kan liefhê. Wanneer jy 'n verhouding met God het en Sy liefde ervaar, bemagtig dit jou om ander lief te hê soos God jou liefhet. My en jou liefde se krag is in God te vinde. More ...
As Woensdag
"Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê." More ...