Reformasie 500.

            

Die doel van Luther se kerkhervormde optrede was om die Evangelie weer in sy oorspronklike suiwerheid te herstel en om die Kerk aan die eise van die Woord van God te herinner. Luther se gedagtes het aanklank gevind by verskeie mense en groepe. Dit was egter nooit Luther se intensie om hom los te maak van die Kerk nie, want hy wou alleen die Roomse misbruike afwys en die Kerk her-vorm en herstel.
 
Die hervormings gedagtes het oorgespoel na die praktyk van godsdiensoefeninge.  So is die nagmaal en Woord in Duits bedien; sommige priesters het nou in die huwelik getree, monnike en nonne het die kloosters verlaat omdat hulle hul geloftes as on-Bybels beskou het. Verder is die kerkgeboue ook ‘gesuiwer’ van al die Roomse beelde en versierings, met die nuwe klem op die ‘eenvoudige-evangeliese’ wyse.
 
Teen 1527 het die Lutherse Kerk bestaansreg gekry in Swede, Denemarke en Noorweë.  In Duitsland het Karel V die hervormers met geweld probeer onderdruk. In 1529 het die hervormde vorste in Duitsland ‘n formele protes by die Keiser ingedien omdat hy hulle gewetensvryheid wou onderdruk. As gevolg van hierdie protes het ondersteuners van die hervorming die naam Protestante gekry. Karel het verskeie belydenisse en versoeke geminag tot en met die Protestante se Schamaldiese Verbond waarin hul verklaar het dat hulle bereid en gereed was om hul geloof met die wapen te verdedig. Dit het tot ‘n wapenstilstand gelei en die Protestante in Duitsland is toegelaat om hervormd te bly. So het die Reformasie en die effek daarvan deur die res van die wêreld versprei.
 
(Algemene Kerkgeskiedenis – Met erkenning aan Prof Dr AD Pont)
 
Seënwense,
Andrè.


 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...