Reformasie se 'facebook effek' en 'finansiële krisis'.

 

Die uitvinding en ontwikkeling van die drukpers word allerweë as een van die belangrikste gebeure van die Renaissance beskou. Naas die uitvindsel van die stiebeuel en die herontdekking van buskruit het hierdie ’n heel nuwe dimensie in die geskiedenis van boeke en geleerdheid daargestel.  

Alhoewel die eerste gedrukte boek reeds in 868 in China die lig gesien het, was dit Johann Gutenberg wat teen 1445 in Mainz, Duitsland, baanbrekerswerk gedoen het en die eerste drukpers ontwikkel het. Sy uitvindsel het ’n geheim gebly totdat die stad in 1462 geplunder is en die drukkers verjaag is. Met Martin Luther se geboorte in 1483 was die drukkuns goed gevestig deur die hele Europa. Luther self het die belangrikheid van die boekdrukkuns erken toe hy na oorlewering aan sy studente gesê het: “Die drukpers is God se nuutste en beste werk om die ware godsdiens deur die wêreld te help versprei”.

Volgens oorlewering het Luther sy 95 stellinge teen die Rooms Katolieke Kerk op 31 Oktober 1517 teen die kerkdeur van Wittenberg vasgespyker. Die dokument, wat in Latyn geskryf was, is ook aan Albert, die aartsbiskop van Mainz gestuur. Verskeie kopieë is deur Johann Grünenburg van Wittenberg gedruk en die 95 stellinge is binne dae in Duits vertaal. Dit het soos ’n veldbrand oor die hele Europa versprei en na ’n maand was dit ook in Engeland beskikbaar.

Alhoewel hy die kerk en teoloë van sy tyd in die 95 stellinge uitgedaag het tot gesprek, was daar veel meer op die spel. Luther se fundamentele vrae oor die aard van bekering, vergifnis en verlossing het verder nie net die kerk uitgedaag nie, maar ook die hele finansiële stelsel van Europa tot in sy wese geskud.

Luther het opnuut onherroeplik vir Christus en die kruis gekies en so die geskiedenis van die kerk op ’n nuwe pad geplaas.

(Kerkbode – Met erkenning aan Prof Johan van der Merwe)

Soli Deo Gloria!
Andrè.
                                          


 

Vorige Briewe 

Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...
Skrikkeljaar
Beide die liefde en ‘n skrikkeljaar kan deur 'n Christelike lens gesien word as ‘n geleentheid wat ons herinner aan God se getrouheid, die verbygaande aard van die lewe, en die oproep om mekaar lief te hê More ...
God se woord beskryf Liefde
God is die enigste Een wat jou volmaak kan liefhê. Wanneer jy 'n verhouding met God het en Sy liefde ervaar, bemagtig dit jou om ander lief te hê soos God jou liefhet. My en jou liefde se krag is in God te vinde. More ...
As Woensdag
"Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê." More ...