Herder, Vader, Koning

 

 

Herder, Vader, Koning en Gasheer is name wat in die Woord gebruik word om God te beskryf. In die moderne dag waarin ons leef, is van hierdie beskrywings moeilik om te verstaan en te verduidelik. Dit laat die vraag: Hoe verstaan en beskryf jy God?
 
Psalm 23 sê: "
Die Here is my Herder...U laat my by 'n feesmaal aansit terwyl my vyande moet kyk!" 'n Herder sou enige iets doen om sy kudde te versorg, beskerm en veilig te hou – hy was 'n vader vir sy kudde. 'n Koning as die afgevaardigde van sy mense,  was die leier wat homself en almal rondom hom moes beskerm. Wanneer 'n koning as gasheer opgetree het, was die mense aan sy tafel onder sy sorg en sou niemand dit waag om hulle aan te raak nie.
 
God het Sy Seun gestuur om ons te kom nooi om aan Sy Koningstafel aan te sit. Die bose magte en problematiek van die lewe probeer ons van die tafel af weglok, maar ons moet onthou – God is ons Gasheer – niks kan ons skade aandoen by Hom nie! Hy het aan die kruis, as ons Herder, reeds alles gedoen om ons te beskerm. Hy het en doen alles, wat 'n goeie ouer sal doen.
 
Wanneer ons in die nuus en in persoonlike omstandighede hoor van swaar en seer en dood, kan ons nie anders as om te bid:

        Dankie dat U my Vader is
        Dankie dat U my Herder is wat my lei en beskerm en oorweldig met U liefde
        Dankie dat U my Gasheer is en ek aan U tafel my kan versadig aan U genade
        U is my Koning! Ek wil U dien.
        Ken asseblief my hele lewe my God – rig, versterk en bestuur my lewe tot U eer.
        Amen

 
Seëngroete,
Andrè.

                                             


 

Vorige Briewe 

Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...
Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...