Familie tyd.
             

Half-term is familie tyd. Ons is elkeen deel van ‘n familie.  Om die waarheid te sê, jy is seer sekerlik deel van meer as een familie – jou bloed-familie, vriende-familie, kleingroep-familie, jou werksfamilie en so ook jou geloofsfamilie.
 
Psalm 37:23-26 vertel van God se verhouding met Sy volgelinge, Sy familie, Sy Kerk:
"Die Here bepaal wat in die lewe van mense gebeur met wie se optrede Hy tevrede is. Hy laat dit goed gaan met hulle. … Ek is nou al oud, maar ek het nog nie gesien dat mense wat reg voor God leef ooit alleen is nie. .... Gelowiges gee regtig om vir ander mense. ... Ook met hulle kinders sal dit goed gaan."
 
Die Here is daar om Sy kinders by te staan, te vang  en selfs te dra wanneer dit nodig sou wees.  Dit is ook baie duidelik dat die optrede van die Vader ‘n voorbeeld en impak het op ander mense en sy eie kinders. 
 
Jy en ek is deel van God se Kerk – Sy liggaam en familie – ons is almal saam Sy hande en voete om mekaar te help, te versterk en te dra.  Ons moet mekaar lief hê as beeld Jesus Christus se Seën en voorspoed.  Met sulke gelowiges se kinders sal dit goed gaan, want hulle sien, leer en verstaan wat dit is om God se kind te wees deur die voorbeeld van hulle ouers.
 
Liefde in Christus en ‘n lekker sonnige week verder vir elkeen van julle!
 

Seëngroete,

Andrè.


 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...