REFORMASIE – Martin LUTHER en GEBED


Mei maand is gebedsmaand vir Noordwyk. Ons gaan poog om gebed meer te verstaan as die fondasie van ons geloof. Dit speel 'n pertinente rol in my verhouding met die lewende God. Ons studie van die Hervorming sluit baie mooi en nou hierby aan.
 
Gebed was sentraal in die boodskap en daaglikse handeling van Martin Luther, die vader van die Reformasie. Hy het verskeie gedagtes en uitsprake oor gebed gehad, sommige waaraan ons vandag nog vashou. Een van die bekendstes is "Om 'n Christen te wees sonder gebed is net so onmoontlik as om te probeer leef sonder om asem te haal."
 
Luther se uitgangspunt is dat gebed 'n gesprek was met God; 'n wapen om die bose mee af te weer; 'n manier om die dag reg te begin, te leef en af te sluit om sodoende fokus in die lewe te behou. Gebed  moet die kerk, individue en gesinne saambind in die liefde van God. Tydens gebed luister God na ons, Hy antwoord dalk nie dadelik nie, maar Hy sal altyd antwoord.
 
Martin Luther het dalk eeue terug geleef, maar die waarde van sy woorde – die waarde van gebed – is steeds net so waar vandag as wat dit tydens sy lewe was. Mag ons elkeen daaruit leer en volgens die Woord leef.
 

Here Almagtige God
Waak dat ek sal lui wees in my gebedslewe
Heilige Gees werk in my, lei my
Om Jesus se liefde te begryp.
Amen

 

Seën wense,
Andrè.

 

 

 

 

 


 
Vorige Briewe 

Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...
Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...