Bedieninge 

Bediening is die praktiese uitvoering van ons geloof in diens van die kerk.  Ons het almal een of ander gawe van die Here ontvang wat ons hier moet gebruik.

 "Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie. Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar. Ons het genadegawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. As dit die gawe van profesie is, laat ons dit gebruik in ooreenstemming met die geloof wat ons bely. As dit is om te dien, laat ons dien. As dit is om onderrig te gee, laat ons onderrig gee. As dit is om mense te bemoedig, laat ons hulle bemoedig. As ons gee, laat dit sonder bybedoelings wees. As ons leiding gee, dan met toewyding. As ons ander help, dan met blymoedigheid." (Romeine 12:4-8)
 
Hier waar ons nie ’n kerk gebou het nie, en die saal elke Sondag van vooraf opgestel moet word is dit van vooraf duidelik dat ons nie sonder almal se hulp kan funksioneer nie. Alles vanaf stoele uitpak, geld tel tot kinderkerk gee of tee skink en nog vele meer!  Sonder die mense wat hul gawes in hierdie bedieninge gebruik, sou kerk op Sondae nie moontlik gewees het nie.
En dan is daar ook nog nie bedieninge wat apart staan van die eredienste, soos Gebed, IT, Dankfees en meer.

Met so baie bedieninge is daar voorwaar vir elkeen ’n plekkie.  Kyk gerus na die onderstaande lys en indien jy gelei voel om jou hulp erens aan te bied, vul gerus die vorm heel onder aan in.

  • Verwelkoming
  • Bybelbekkies
  • Funday
  • Opstel span
  • Gebed
  • IT
  • Kinder- en kleuterkerk
  • Klank
  • Kollekte
  • Vrouebediening
  • Mannebediening
  • Multi-media
  • Musiek
  • Nagmaal
  • Tieners
  • Vertaling
  • Tee Skink
  • Video en Fotografie
     
Indien jy belangstel om erens by een van die bogenoemde bedieninge wil help, of selfs as jy 'n nuwe bediening wil begin, vul asseblief hier onder in, en druk stuur.
Name:
Telephone:
Mobile:
Email Address:
Boodskap: