Die prys van woorde

Teks:  Psalm 37:30-31
 
Die prys van alles in ons wêreld het opgegaan. Om te leef, te bly en te ry is duurder. Verhoudings, kinders, opvoeding, sport en selfs speel, kos meer as ooit te vore. Woorde blyk die uitsondering te wees. Die prys van woorde het blykbaar gedaal en val baie maal op dowe ore.
 
Johan Heyns skryf en herinner ons: 'Tog kan ek praat omdat Iemand met my gepraat het en nog altyd wil praat. Tog kan ek waar woorde spreek omdat Hy wat die Woord is ook die Waarheid is. Daarom kan ook my woorde krag hê omdat die Woord vlees geword het.'
 

Die waarde van ons woorde is in God se Hand. Ons Here se genadige liefde gee aan ons krag, insig en wysheid wat nie uit onsself kom nie, maar uit Sy onverstaanbare Almag. God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde.
 
Gebed:
Here God, dankie dat U Woord my rig en U Heilige Gees my lei. Laat ander U hoor en sien in my. Amen.
 
Andrè
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...