Vernuwing van ons denke


Teks: Romeine 12:2
“Laat God julle verander deur julle denke te vernuwe…”
 
Ons gedagtes is dikwels die plek waar die grootste gevegte plaasvind. Daar dra ons bekommernisse, vrese, aannames, ou wonde en stil oortuigings oor onsself, ander mense en God. Soms leef ons nie uit die waarheid van die Evangelie nie, maar uit die geraas in ons kop.
 
Paulus sê: laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Vernuwing begin wanneer God se Woord my help om anders te kyk: na myself as iemand wat in Christus geliefd is; na ander as mense wat genade nodig het; na die wêreld as God se wêreld; en na die toekoms as iets wat in God se hande is.

Dallas Willard stel dit mooi: “The only way to escape being conformed… is by receiving the mind of Christ himself.” Vernuwende denke is nie net positiewe denke nie; dit is Christus-gevormde denke.
 
Wanneer geloof kennis, sekerheid, vertroue en oortuiging word, begin my verstand nuut dink en sien. Ek dink anders, omdat ek in Christus nuut gemaak word.
 
Gebed:
Here, vernuwe my denke. Leer my om u waarheid harder te hoor as my vrees. Amen.
 
Mag jy met nuwe oë na jou lewe kyk . 

Andre
 

Vorige Briewe 

 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...