Dankie Here, Ons Here.

 

Here, ons Here, dankie vir hierdie nuwe dag wat U tot ons lewe toegevoeg het en al die goedheid in ons lewe. Here ek bid dat U ons altyd sal herinner dat ons ook die lig van u liefde met ander sal deel en om altyd hulp aan te bied op enige manier wat ons kan en om dit met vreugde te doen. Ek dink aan die woorde van die lied: "liefde is en bly die grootste: Liefde sluit die lewe oop" en vra Here dat liefde ook in ons lewe sigbaar sal wees.
Ek bid vir u seën oor almal wat aan ons verbind is, en dat U u liefde oor ons lewens sal uitstort.
Vader, gee dat ons sal besef  wanneer alles rondom ons, ons van kalmte probeer beroof, hoef ons net op U te vertrou en ons sal vrede vind.

KOLOSSENSE 2:6-7 “Aangesien julle dan Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle in verbondenheid met Hom lewe, in Hom gewortel en op Hom gebou, vas in die geloof soos julle geleer is, en met dankbaarheid vervul.”

 Dankie Vader, dat U al die dinge kan hanteer waaroor ons ons so bekommer en wat ons vrede probeer steel.
Vader, wees met ons deur hierdie dag en ons dank U vir die seker wete dat U ons nooit in die steek sal laat nie, Amen.

(Anoniem)


Seën wense
Andrè

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...