Reformasie

 
Die Kerk stel God aan mense bekend deur hulle lewens aan te raak met sy liefde.
Die kerk, waaraan ons deel het, is deel van die reformatoriese tradisie wat in 1517 hul identiteit begin vorm het met die doel om God deel van mense se lewens te maak.  In Oktober 2017 gaan SA Gemeente, saam met die reformatoriese kerke regoor die wêreld, 500jaar van kerkhervorming vier.

Die Protestantse Hervorming, wat deur Martin Luther se 95 stellings begin is, is deur verskeie prominente figure opgeneem en gedryf deur die eeue.  Vandag is hervorming onlosmaaklik deel van ons kerkwees en tradisie se fondamente.  Die beginsels van die sogenaamde Solas – Sola scriptura (skrif alleen), Sola gratia (genade alleen), Sola Fidei (geloof alleen), Sola Christus (Christus alleen), Soli Deo gloria (aan God alleen die heerlikheid) – is die boustene van ons hervormde tradisie.
Klick hier vir video.
 
Ons geloofslewe en bestaan is steeds hierin gevestig. Die Skrif is jou gids tot God se wil vir jou lewe. God se Genade is die rede waarom ons Christus as ons middelaar en redder het, en dieselfde genade is vandag vir jou. Dit is egter nodig dat ons stilstaan om hieroor te reflekteer, te dink en te bid om die ware impak van God se liefde vir onsself toe te eien.
 
Oor die volgende paar weke gaan ons gemeente saamkuier rondom die Solas. Jy kan dit op jou eie, in jou gesin, saam vriende, of in 'n kleingroep bespreek. Skakel gerus die kantoor by ena@sagemeente.com om te hoor wie in jou omgewing is en waar jy moontlik kan inskakel om deel te neem aan hierdie kuiergesprek. 

Ek wil julle aanmoedig om te kom onthou, leer en verstaan. Dit beloof om elkeen van ons te help verstaan waar ons vandaan kom en waarheen ons oppad is.
 
Soli Deo Gloria!
Andrè

 

 

Vorige Briewe 

Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...
Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...